KRUGERWILDTUIN - Vyf kampe in die Krugerwildtuin is steeds onbegaanbaar nadat oorstromings die toegangsroetes na die kampe afgesny het.
Besoekers moes die laaste paar dae vanuit Onder-Sabie, Krokodilbrug, Biyamiti en Talamati ontruim word nadat hulle in dié kampe gestrand was.
Mense is ook uit Balule ontruim omdat die Olifantsrivier sterk vloei.
Eugenie Gregan het vanuit die wildtuin verslag gedoen oor hoe die ontruiming van honderde mense vanuit die suidelike kampe verloop het.