Waluś terug na Pole; Hani-moord weer bekyk
Die veroordeelde moordenaar Janusz Walus is na Pole gedeporteer.
Walus was die afgelope twee jaar onder korrektiewe toesig in Suid-Afrika nadat hy einde 2022 op parool vrygelaat is.
Hy is destyds die doodstraf opgelê vir die moord op die SAKP-leier, Chris Hani, in 1993.
Dis later na lewenslange tronkstraf omgeskakel.
Verskeie ministers het die proses rondom sy deportasie verduidelik.