JOHANNESBURG - Om hardop vir kinders te lees, kan Suid-Afrika se leesprobleem help oplos.
Verskeie studies toon dié voorlesings verbeter jong ore se woordeskat, geheue en begripsvaardighede.
Die ATKV moedig ouers en onderwysers aan om lees deel van kinders se alledaagse lewe te maak.
Die organisasie het die vyftiende Wêreldhardopleesdag saam met Tippie die olifant by die Laerskool Fontainebleau in Johannesburg gevier.