KLAWER - Gemeenskapsaktiviste op Klawer in die Wes-Kaap dring aan op strenger optrede teen boere wat kwesbare werkers uitbuit en mishandel.
In die jongste voorval word 'n boer daarvan beskuldig dat hy 'n 14-jarige kind ontvoer en aangerand het.
Hy word ook van crimen injuria aangekla nadat hy glo 'n rassistiese opmerking gemaak het.