Kaapstad, Wes-Kaap - Inwoners van Kaapstadse gemeenskappe waar misdaad hoogty vier, pleit weer vir strenger wetstoepassing.
'n Geleentheid is gehou om erkenning te gee aan die werk van Wes-Kaapse gemeenskapspolisiëringsforums.
Nog 'n bekommernis is die polisieminister se aankondiging dat 263 bendeverwante moorde binne drie maande in Kaapstad gepleeg is, onder meer in Bishop Lavis, Mitchells Plain en Delft.