RAWSONVILLE - Die Breedevallei-munisipaliteit sê mense wat langs die Smalblaarrivier naby Rawsonville woon, gaan hervestig word.
Dit nadat die vloedwater talle woonstrukture in informele nedersettings daar oorstroom het.
Die inwoners is meestal seisoenwerkers op plase in die omgewing.