Pretoria, Gauteng - In 'n arm gemeenskap waarop daar dalk dikwels neergekyk word, is die Laerskool Westerlig 'n baken van hoop.
Byna drie dekades lank het hulle skoolhoof die kinders van Danville geleer dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie.
Nou hoop Erich Cloete die leerlinge van die Laerskool Westerlig sal elke uitdaging met dié ingesteldheid aanpak.
Die 59-jarige Cloete tree af ná meer as drie dekades by die skool, waarvan byna 23 jaar as skoolhoof.