Die Letaba-ruskamp in die Krugerwildtuin sal moontlik teen einde November weer ten volle operasioneel wees. Letaba en die Shimuwini-boskamp langs die Letaba-rivier, asook die Balule-satellietkamp langs die Olifantsrivier, het die ergste deurgeloop onder die vloede in Januarie. Verder noord sal die Shingwedzi-ruskamp hopelik in Maart heropen, sodra die heining om die kamp herstel is.