Willie Esterhuizen se lewenswerk "volksbesit"

Hy was 'n bloukraag-kind, wat 'n bloukraag-filmmaker vir die bloukraag-gemeenskap geword het.
Dít is hoe die 72-jarige Willie Esterhuizen homself en sy lewenswerk beskryf.
Met dié benadering tot stories het hy volksbesit geraak.
Daarom is die skepper van verskeie geliefde Afrikaanse programme vanjaar saam met Koos Roets en Ivan Abrahams deur die Silwerskermfees vir hulle lewensbydrae vereer.
eNuus se Eugenie Gregan het by Esterhuizen se huis in Johannesburg met hom gesels.

You May Also Like