Woedende ouers eis nasionale ingryping by twee skole in Calvinia

Twee skole in Calvinia in die Noord-Kaap is heropen nadat dit vroeër deur die beheerliggaam in opdrag van die ouers gesluit is.

Verskeie kwessies soos kontantvloeiprobleme, agterstallige Eskom-rekeninge en klagtes oor Hoërskool Hantam en Hantam Laerskool se infrastruktuur het ouers warm onder die kraag.

Maar dis veral nadat Eskom die skole se kragtoevoer afgesny het, dat die kinders huis toe gestuur is en hul ouers begin betoog het.

Die hoërskool moes sopas drie weke lank sonder krag klaarkom.

Dit is Donderdag eers weer aangeskakel.

You May Also Like