DStv Channel 403 Wednesday, 08 May 2024

Woordestryd oor onderwyswet

Fedsas sê die wysigingswetsontwerp op basiese onderwys, teiken suksesvolle Afrikaanse skole.

Onderwysorganisasies het hul kommer uitgespreek nadat die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, die wysigingswetsontwerp op basiese onderwys verdedig het.

Ingevolge die huidige wetgewing kan 'n beheerliggaam 'n skool se taal- en toelatingsbeleid bepaal.

Die sogenaamde Bela-wetgewing sal provinsiale onderwyshoofde egter die finale sê hieroor gee.

Motshekga het Woensdag in die Nasionale Vergadering gesê, weens die land se historiese konteks, kan beheerliggame nie die mag oor hierdie beleide hê nie.

Paid Content