Wyn- en vrugtebedryf ly onder Transnet-staking

WES-KAAP - Die organisasie "Wines of South Africa" sê die Suid-Afrikaanse wynbedryf se reputasie is op die spel weens die voortslepende staking by Transnet.

Die organisasie sê hoewel dié produkte nie vars geproduseer word nie, kan sperdatums vir beplande aflewerings gemis word.

Intussen is die plaaslike bessie- en vrugtebedryf bekommerd oor miljarde rand wat verlore gaan weens vragskepe wat by hawens gestrand is.

You May Also Like