Wynmakers: Parstyd, beurtkrag, en die krisis op die horison

PAARL, WES-KAAP - Daar's skaars 'n Suid-Afrikaner wat nié deur beurtkrag geraak word nie, insluitend die landboubedryf.

Wynmakers is maar een van die groepe wat deurloop, veral met die aanvang van parstyd.

Die bedryf sê die onvoorspelbare kragtoevoer maak dit moeilik om produksie te beplan en vir brandstofkoste te begroot.

Nes verskeie ander sektore maak wynboere al hoe meer op opwekkers staat om produksie aan die gang te hou, en temperature tydens die gistingsproses te reguleer.

You May Also Like