DStv Channel 403 Tuesday, 08 October 2024

Zim-boere jare na grondonteiening só bygestaan

PRETORIA - Twee dekades nadat talle boere in Zimbabwe se grond gewelddadig afgevat is, het die meeste van hulle nog geen vergoeding ontvang nie.

'n Vergoedingsooreenkoms is in 2020 onderteken waarvolgens die Zimbabwiese regering 3,5 miljard Amerikaanse dollar aan dié boere sou uitbetaal.

Dit het egter nooit gerealiseer nie.

'n Nuwe aanbod behels dat boere oor 'n tydperk van 14 jaar in staatseffekte betaal sal word, maar baie boere is nie hiervoor te vinde nie.

Paid Content