Zimbabwiese verkiesing: “Dis ’n absolute waterskeidingsgeleentheid”

Sowat ses miljoen Zimbabwiese kiesers trek Woensdag hul kruisies om te bepaal wie dié land gaan regeer.

President Emmerson Mnangagwa hoop op sy tweede en laaste vyfjaartermyn as staatshoof, maar die opposisieleier, Nelson Chamisa, voer aan hy het genoeg steun om Mnangagwa uit die kussings te lig.

Verskeie internasionale organisasies sê egter dat dit reeds blyk dié verkiesing gaan nie vry en regverdig wees nie.

eNuus het op die vooraand van die verkiesing gesels met ‘n Zimbabwiër wat hoop dat dinge tog kan verander, en ’n landbou-organisasie wat waarsku die uitslag het ook ’n impak op wat in Suid-Afrika gebeur.

Paid Content