KAAPSTAD - Die nuwe minister van sport, kuns en kultuur, Zizi Kodwa, moet sorg dat befondsing regverdig verdeel word en 'n platform skep om gelykheid te bevorder.
Dit is die pleidooi van kunstenaars wat hoop dat Kodwa se aanstelling vordering in die sektor teweeg sal bring.
Sommige kunstenaars meen sy voorganger, Nathi Mthethwa, het nie veel vir die bedryf gedoen nie.
Kodwa is tydens president Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling in dié portefeulje aangestel.
Jenna-Leigh Bilong het met die kunstenaars gesels.