Drie verdagtes staan tereg in die Malmesbury-landdroshof op twee aanklagte van moord en agt aanklagte van poging tot moord, ná ’n massa-skiet-voorval in Wesbank.
Twee mense is dood en agt ander, waaronder ’n eenjarige baba, is gewond.
Die aanval is glo ’n vergeldingsaanval, ná die moord op ’n bendebaas twee weke tevore.