Danksy hul unieke vertolkings van Afrikaanse liedjies wink ’n groot geleentheid nou vir leerlinge van Soshanguve buite Pretoria.
Lesedi Primary School se skoolkoor het deurgedring na die eindstryd van die ATKV Applous-koorkompetisie.
Aan die einde van Julie tree hulle nie net in die ikoniese Kaapstadse Stadsaal op nie, maar baie van die koorlede sien ook vir die eerste keer die see.