“Swart Wyn” vertel vrouewynmakers se stories van toe en nou

KAAPSTAD - Die Suidoosterfees is nie net 'n vertoonvenster vir plaaslike teatertalent nie.

Vir een van die hoogtepunte op die program het die fees en Aan Zee Theater-producties van Nederland kragte saamgesnoer.

Hul toneelstuk “Swart Wyn” is geïnspireer deur die wynmaker Vivian Kleynhans se boek "Wanneer water wyn word". 

Haar storie word verweef met dié van die 17de-eeuse historiese figuur Zwarte Maria Evert, die eerste swart vrou wat 'n plaas in Suid-Afrika besit het.

Paid Content