Die San Michele-tehuis kan nie die munisipale rekening betaal nie, omdat hulle in Februarie laas 'n subsidie ontvang het.
BRAKPAN, GAUTENG - Subsidies bly 'n kopseer vir nie-winsgerigte organisasies in Gauteng.
Die San Michele-tehuis is een van verskeie organisasies aan die Oos-Rand wat maande laas hul subsidie ontvang het.
Die tehuis sien na meer as 200 verstandelik gestremde pasiënte om.