Twee luiperds kry veilige tuiste in SA

3 Mei was Internasionale Luiperddag, en twee kolkatte kon ná jare in aanhouding dié dag onder die Afrika-son geniet.

Die ma en dogter Alda en Ginny is in 2017 by 'n onwettige teelfasiliteit in Pole gered.

Vandaar is hulle na die Natuurhulpcentrum in België waar hulle kon herstel.

Ná hope papierwerk kon die organisasie Born Free hulle uiteindelik vroeër die week na hul permanente tuiste by die private wildreservaat Shamwari in die Oos-Kaap bring.

Paid Content