Choir
Die Mzansi Jeugkoor het onlangs naam in die buiteland gemaak toe hulle aan die televisietalentprogram, Americas Got Talent, deelgeneem het.
Die groep het die beoordelaar, Simon Cowell, so beïndruk dat hy hulle 'n sogenaamde golden buzzer gegee het.
Dit beteken die groep sal binnekort terugvlieg na Los Angeles in die VSA om aan die halfeindrondte van die program deel te neem.
Hulle tree ook in Johannesburg op voor hulle vertrek.
Die koor was in die ateljee van ons susterskanaal, eNCA, om te wys waarom roem hulle toekom.
12 August 2023